Credits

PERFORMING ARTISTS
Karen Zoid
Karen Zoid
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Rudi Claase
Rudi Claase
Songwriter

Lyrics

Hier lê die drome
Hier lê die woorde
Hier lê die strale
Van die son waarin ek is
Soveel liefde om te gee
Soos die branders van die see
Wat finaal my drome wis
Hier lê die spore
Hier lê die name
Hier lê die harte
Wat my woorde verder dra
En my hart wil dankie sê
Dat ek hierdie droom kan hê
Soveel meer as wat ek vra
Tussen woorde lê daar soveel dankbare ure
Tussen woorde vlieg my drome regdeur die mure
En ek weet ek is niks sonder jou
Wat saam my drome bou
En wie my vashou
Oe, dis die rede dat ek sing in die duister
As jy lag kan ek hoor hoe al die engele fluister
En wat my hart vir jou wil sê
Het in die stiltes tussen woorde gaan lê
Hier lê die ligte
Hier lê die sterre
Hier lê die ritme
Wat my verder lei
Wat ek hoor en wat ek sien
Hoe kan ek dit ooit verdien
Hierdie wonderwerk van my
Hier lê die saam wees
Hier lê die liedjies
Hier lê die hande
Wat my hart se snare raak
En my siel wil sing vir jou
En my hart wil jou omvou
Jy't my lewe laat ontwaak
Tussen woorde lê daar soveel dankbare ure
Tussen woorde vlieg my drome regdeur die mure
En ek weet ek is niks sonder jou
Wat saam my drome bou
En wie my vashou
In jou oë is die rede dat ek sing in die duister
As jy lag kan ek hoor hoe al die engele fluister
Wat my hart vir jou wil sê

Written by: Rudi Claase
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...