album cover
Amsterdam
167
Singer/Songwriter
Amsterdam was released on June 21, 2017 by Herman Kleinhans Musiek as a part of the album Kamer 4
album cover
AlbumKamer 4
Release DateJune 21, 2017
LabelHerman Kleinhans Musiek
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM94

Music Video

Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Herman Kleinhans
Herman Kleinhans
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Herman Kleinhans
Herman Kleinhans
Songwriter

Lyrics

Ek loop deur die strate van Amsterdam stoksielalleen
Ek dink aan al die dinge wat ek het om te deel
Maar langs die kanale word die vrae weer 'n paar te veel
Dalk is dit tyd vir iemand om my in te kleur
En toe was daar Hester en sy het gespeel
Met elke oomblik, sy het stukke gesteel
Van daardie legkaart waaraan ek so bou
En die prentjie wat oorbly is een sonder jou
Ek loop deur die strate van Mechelen en dit reën
En al wat ek soek is 'n nuwe hart om te steel
Maar die aand is te skaam en die foto in die raam is te bleek
Dis dalk nou 'n goeie tyd om hom op te skeur
En toe was daar Hester en sy het gespeel
Met elke oomblik, sy het stukke gesteel
Van daardie legkaart waaraan ek so bou
En die prentjie wat oorbly is een sonder jou
Ek loop deur die strate van Parys en ek moet sê dis vreemd
Koppe omhoog na 'n toring met liggies bedeel
Maar aan die eenkant van die straat staan daar mense op mekaar en skree
Dan wonder ek of almal nou werklik dieselfde siening deel
Gelukkig was daar Hester en sy het gespeel
Met elke oomblik, sy het stukke gesteel
Van daardie legkaart waaraan ek so bou
En die prentjie wat oorbly is een sonder jou
Toe was daar Hester
Written by: Herman Kleinhans
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...