Lyrics

As jy so vir my kyk Voel dit asof jou hemeloë die wens in my genees En dit gee my hoop dat Drome steeds verwesenlik Jy hou my wêreld in jou hande Die gevoel van veiligheid oorweldig my so bly net hier by my En dit bring my nader aan 'n ewigheid saam jou En hoe ons toekoms ontvou Ons is lig wat skyn Soos die sterre in 'n donker hemelruim Ek en jy Vanaand kan ons in ewigheid verdwyn Want die liefde is blind Ek dra my hart op my mou vir jou Dis die beste dae van ons lewens In ewigheid verdwyn Ek voel jou hartklop pols teen my Om jou buite tyd te vind en teen die sand in die uurglas te baklei Maar dit doen goed vir my gemoed As ons die tydelike groet In ewigheid ontmoet Ons is lig wat skyn Soos die sterre in 'n donker hemelruim Ek en jy Vanaand kan ons in ewigheid verdwyn Want die liefde is blind Ek dra my hart op my mou vir jou Dis die beste dae van ons lewens In ewigheid verdwyn In ewigheid verdwyn In ewigheid verdwyn Want ek soek meer van jou Een leeftyd voel net te kort vir my Dis die beste dae van ons lewens In ewigheid verdwyn
Writer(s): Crous Theo, Rabe Este, Rabe Lourens Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out