album cover
Daar's 'N Plek
2,643
Afrikaans
Daar's 'N Plek was released on April 20, 2018 by Universal Music (Pty) Ltd. as a part of the album Toeka (Vol. 1-3)
album cover
Release DateApril 20, 2018
LabelUniversal Music (Pty) Ltd.
LanguageDutch
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM70

Credits

PERFORMING ARTISTS
Coenie de Villiers
Coenie de Villiers
Performer
Steve Hofmeyr
Steve Hofmeyr
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Coenie de Villiers
Coenie de Villiers
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Mauritz Lotz
Mauritz Lotz
Producer

Lyrics

Daar's 'n plek wat ek van weet
Sonder sorge sonder pyn sonder leed
Die pad daarheen is ongekaart
Die reis daarheen is sonder vaart
En daar is rusplek langs die pad
Die son se geel word jou sambreel
Op jou reis tot waar die pad se vurk verdeel
Die een se slingerspoor word dof
Waar dit wegloop in die stof
Maar die ander lei tot hier
Want hier sal jy vind dat jy
Steeds deur die oë van 'n kind
Die lewenspel speel
Granate van onskuld kan deel
Om weer vir 'n oomblik
Die kennis van kwaad te ontken
Om weer te kan glo wat jy het in 'n gawe van bo
Daar's 'n winterlose oord
Waar 'n mens nog steeds die ure ongestoord
Op die telraam van die tyd
Sonder spyt of klein verwyt
Soos seisoene af kan tel
Knip jou deur se grendel dig
Sluit jou vensters en jou luike teen die lig
Pak jou drome vir die reis
Jou hart sal jou die kronkels wys
Om ongeskonde hier te kom
Want hier sal jy vind dat jy
Steeds deur die oë van 'n kind
Die lewenspel speel
Granate van onskuld kan deel
Om weer vir 'n oomblik
Die kennis van kwaad te ontken
Om weer te kan glo wat jy het in 'n gawe van bo
'n gawe van bo
'n gawe van bo
Written by: Coenie de Villiers
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...