Credits

PERFORMING ARTISTS
Tasché
Tasché
Vocals
Richard Onraet
Richard Onraet
Acoustic Guitar
COMPOSITION & LYRICS
Johannes Kerkorrel
Johannes Kerkorrel
Lyrics
PRODUCTION & ENGINEERING
Richard Onraet
Richard Onraet
Producer
Wynand Myburgh
Wynand Myburgh
Producer

Lyrics

Ou man sit by die straatkafee
En kyk al die mense loop heen-en-weer
Boemelaars raas by die Wimpy Bar
Fontana is oop tot laat in die aand
Kaalvoet kinders in die straat, wys parkeerplek aan
En hou dan die hand, hou dan die hand
Hou oop die hand
En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow
In Quartz Straat hoor ek 'n meisie my roep
Daar's 'n Hare Krishna wat vra wat ek soek
En ken ek vir Jesus? Vra 'n man op die stoep
Tussen Hillbrow records en Estoril Books
En dis lank na twaalfuur
En die Hillbrow toring stuur
Sy seine in die nag, sy sein in die nag
Sy sein vir die junkies wat wag, ohh
En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow
En die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel
En stemme en musiek klink' it elke woonstel
En ons sit in die son, en drink wyn
En ons survive met 'n helse lot pyn in hierdie land
Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef
Op die een wat kry wat hy vra
En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow
Komaan, gee jou hart vir Hillbrow
Written by: Johannes Kerkorrel
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...