album cover
Pasgetroud
2,063
Alternative Folk
Pasgetroud was released on May 3, 1985 by Bushrock Music as a part of the album Lappiesland
album cover
Release DateMay 3, 1985
LabelBushrock Music
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM97

Credits

PERFORMING ARTISTS
Anton Goosen
Anton Goosen
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Anton Goosen
Anton Goosen
Songwriter

Lyrics

O, die bruid staan langs die bruidegom, die dominee vra sy vrae
Hul gee mekaar die regter hand en altwee antwoord "ja"
Die orrel blaas sy eerste noot en hy voel so benoud
Jou mamma pik al trane, want ons is pasgetroud
Ons teken die register in die konsistorieboek
Die fotograaf hop oral rond, hy soek die beste hoek
Jou sussie hou tant Bettie reg, jou pappa vryf sy snor
Jou haasbek boetie met die shoe-shine, hy hang visblikke aan ons tjor
Want ons is pasgetroud, jou voete kielie myne
Pasgetroud, skurwe voete myne
Pasgetroud, die beste medisyne is lekker lepellê
Ons is pasgetroud, jou voete kielie myne
Pasgetroud, stoute voete myne
Pasgetroud, die beste medisyne is lekker lepellê
O, die wit rok en die goue ring, o, jy lyk vir my so mooi
Ons sit daar aan die hooftafel, al die familie is genooi
Die dansorkes speel sagkens en die troukoek word gesny
Die bakvissies, hul giggel asof ons twee nou gaan vry
Die seremoniemeester se grappies is bra flou
En hy vertel vir almal hoe't 'n kleiduif al verbrou
Hy lyk vir my so baie na tant Koek se hoenderhaan
En ons wals die eerste walsie tot onder die sekelmaan
Want ons is pasgetroud, jou voete kielie myne
Pasgetroud, skurwe voete myne
Pasgetroud, die beste medisyne is lekker lepellê
Ons is pasgetroud, jou voete kielie myne
Pasgetroud, stoute voete myne
Pasgetroud, die beste medisyne is lekker lepellê
Pasgetroud, jou voete kielie myne

Written by: Anton Goosen
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...