Music Video
Music Video
Credits
PERFORMING ARTISTS
Anton Goosen
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Anton Goosen
Songwriter
Lyrics
Ek het 'n boomhuis by die diep blou see
Ek het 'n liefde wat my vreugde gee
En nat snoet honde wat die werf besnuif
Die bye wat die laventel in die tuin bestuif
Soggens kom die sonnetjie oor Duineveldberg geroei
Saans is hy granaat wat oor die wes water bloei
Sy storms uitbreek, oor die hawemure loei
Gaan die dolosse keer dat hy met die vrede stoei
Diep blou see, onder by die diep blou see
Ek sit als en dophou uit my boomhuis by die see

Maar soms sit ek net en luister na die klanke wat hy gee
Soms sit ek net en luister na die diep blou see
Mossels op die plaat, snoek en galjoen
Die Gansbaai-wiele soos hulle die perlemoen noem
Noorkapperwalvis wat sy stert so slaan
Witdoodhaai as jy na Dyerseiland gaan
Die vuurtoring waarsku dis op rots gebou
Om jou veilig in die donker op koers te hou
Haweliggies flikker, een rooi en een groen
Saans as jy jou geliefde goeienag soen
Diep blou see, onder by die diep blou see
Ek sit als en dophou uit my boomhuis by die see
Diep blou see, onder by die diep blou see
Maar soms sit ek net en luister na die klanke wat hy gee
Soms sit ek net en luister na die diep blou see
Diep blou see, onder by die diep blou see
Ek sit als en dophou uit my boomhuis by die see
Diep blou see, onder by die diep blou see
Maar soms sit ek net en luister na die klanke wat hy gee
Soms sit ek net en luister na die diep blou see
Written by: Anton Goosen