Credits

PERFORMING ARTISTS
Van Coke Kartel
Van Coke Kartel
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Koos Du Plessis
Koos Du Plessis
Songwriter

Lyrics

Die donker kom van buite
En syfer deur die ruite
En ek gooi nog 'n paar kole op die vuur
En die tafel en die laaikas
Alles wat eers vas was
Versmelt soos blote skadu's teen die muur
Ons drome van gister
Word somber en sinister
Want, kyk, alles het 'n vasgestelde uur
Ons beplan toringblokke
Maar die slopers is betrokke
En ons drome is bloot skadu's teen die muur
Met orrelbegeleiding
Kom die voorspel tot die skeiding
Maar dis alles reg, die liefde is 'n vuur
En van die vurige hofmaak
Hoor ons later in die hofsaak
Want die liefde is 'n skadu teen die muur
In swart of wit getooi
In 'n stoet of in konvooi
Wonder elkeen hoe lank alles nog sal duur
En leef holderstebolder
Want die kis wag op die solder
En die lewe is 'n skadu teen die muur
Leef holderstebolder
Want die kis wag op die solder
En die lewe is 'n skadu teen die muur
Die lewe is 'n skadu teen die muur
Die donker kom van buite
En syfer deur die ruite
En ek gooi nog 'n paar kole op die vuur
En my voete en my hande
Word onbekende lande
In die skadukaarte teen die kamermuur
Die wêreld word 'n skadu teen die muur
'n Flikkerende skadu teen die muur
Written by: Koos Du Plessis
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...