Lyrics

As die Klopse weer tot laat By die stadion musiek maak Sal ek weet Dit is alweer nog 'n jaar En vir 'n paar weke lank Word die sterre bo Kerkstraat Groot soos gloeilampe Wat stringe bo ons hang En die kloof strek uit Tot hier onder by my Hier by my En ek weet ek kan Iemand wees Al is ek klein Al is ek klein Vrede vir ons Syfer deur die vallei En bring vir my troos Na 'n jaar lank se reis En dra soos 'n Vlieër aan 'n lint Weer die onskuld van 'n kind Tot op my stoep En die wêreld in As die goeie tyding sag Oor die dorp se dakke hang En die wingerde Belowe nuwe wyn Sal ek weer oor begin En tevredenheid vind Oorgenoeg Al lyk dit dalk soos min En die goedheid vleg wyd By Limietberg verby Ver verby En ek weet ek kan Iemand wees Al is ek klein Al is ek klein Vrede vir ons Syfer deur die vallei En bring vir my troos Na 'n jaar lank se reis En dra soos 'n Vlieër aan 'n lint Weer die onskuld van 'n kind Tot op my stoep En die wêreld in Tot op my stoep En die wêreld in Vrede vir ons Syfer deur die vallei En bring vir my troos Na 'n jaar lank se reis En dra soos 'n Vlieër aan 'n lint Weer die onskuld van 'n kind Tot op my stoep En die wêreld in
Writer(s): Johan Meiring Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out