Credits

PERFORMING ARTISTS
Lucas Maree
Lucas Maree
Vocals
Pierre Schnehage
Pierre Schnehage
Bass
Christa Steyn
Christa Steyn
Keyboards
COMPOSITION & LYRICS
Lucas Maree
Lucas Maree
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Lucas Maree
Lucas Maree
Producer
Cesar De Almeida
Cesar De Almeida
Recording Engineer

Lyrics

[Verse 1]
Ons almal is maar bang dat die liefde dalk sal opraak
Dus probeer ons dit tot sterwens toe bewaak
En dan bêre jy dit suinig in die hart se diepste kluis
En hou jou naaste op 'n afstand met jou vuis
[Verse 2]
Maar dis die goeters wat mens weggee wat jou ryk maak
En dit is daarmee wat jy mense om jou raak
Want wat beteken liefde as jy dit nie gaan gebruik nie
Of 'n blom se geur as niemand daaraan ruik nie?
[Chorus]
Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
Wat vol bly selfs al sou sy dit gebruik
Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
En die liefde is die olie in sy buik
[Verse 3]
Dis eintlik so eenvoudig, en tog, almal murmureer
Want die liefde het 'n les wat baie min van ons ooit leer
Jy kan nie liefde optel soos in boekhou balanseer nie
Want liefdeswins se som bly omgekeerd
[Verse 4]
En dis die goeters wat mens weggee wat jou ryk maak
En dit is daarmee wat jy mense om jou raak
Wat beteken liefde as jy dit nie gaan gebruik nie
Of 'n blom se geur as niemand daaraan ruik nie?
[Chorus]
Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
Wat vol bly selfs al sou sy dit gebruik
Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
En die liefde is die olie
Written by: Lucas Maree
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...