Music Video

Music Video

Lyrics

Here staan nader
Ek wil met Jou praat
Daar is twyfel in my hart en ek wil hoor of Jy dit verstaan
Kom ons wees eerlik
Ek sukkel om Jou te verheerlik
Ek's 'n sondaar en 'n dienaar wat kom eerste in Jou oë
Soveel reëls stoot my weg
Als wat seermaak is mens gemaak
Dit kan tog nie wees het hul dan als verkeerd gelaat
Dis hel om te vra
Maar sal Jy ooit die Duiwel kan vergewe
Soos Jy ons vergewe
Vra maar die kerk ek glo nog dat ek okay is
Vra maar vir judas ek twyfel ook nog of ek okay is
Vra maar die kerk ek glo nog dat ek okay is
Vra maar vir Judas ek twyfel ook nog
Want soms is ek Dawid, soms is ek Goliat
En soms is ek Abraham, soms is ek Isak
Here hoor my stem
Hoor my bewende elende
Ek kap drie spykers in Jou kruis en steek die hammer weg in my hand
Ek verdien nie Jou genade nie
Hoe moet ek glo soos 'n kind?
Sonder om Jou te oordink
Ek verstaan nie altyd Jou woorde nie
En Jou hart nog minder
En Jou hart nog minder
Vra maar die kerk ek glo nog dat ek okay is
Vra maar vir Judas ek twyfel ook nog dat of okay is
Vra maar die kerk ek glo nog dat ek okay is
Vra maar vir Judas ek twyfel ook nog
Want soms is ek Dawid, soms is ek Goliat
Ek wil uitbrand want ek wil lig wees
Soms is ek Abraham, soms is ek Isak
Ek wil uitbrand want ek wil lig wees
Soms is ek Dawid, soms is ek Goliat
Ek wil uitbrand want ek wil lig wees
Soms is ek Abraham, soms is ek Isak
Ek wil uitbrand want ek wil lig wees
Soms is ek Dawid, soms is ek Goliat
Ek wil uitbrand en ek wil lig wees
Soms is ek Abraham, soms is ek Isak
Ek wil uitbrand want ek wil lig wees
Written by: Benjamin de Jager, Bouwer Bosch, Hein Kruger, Ruan Kruger
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...