Music Video

Credits

COMPOSITION & LYRICS
Elizabeth Margaretha Erasmus
Elizabeth Margaretha Erasmus
Songwriter

Lyrics

Die sirkels van ons verlede Die twis 'n verhaal Wat die skakels in 'n spiraal draai Heg ons van vêr terug tot in die hede Vorm die ou bekende kettings Wat jou so verraai En weet jy jou wonde word wapens geslyp Deur jare se onderdrukte verwyt Te lank leef ek in die skadu Van koue jaloesie En ek verwerp myself Oortuig dit sou jou help Jy speel spieëltjie aan die wand En maak so van my 'n vyand Maar kyk die spieël is in jóú hand Sien jy die kind aan die anderkant? En ek ken goed daai kind se seer Ek sou haar tog so graag genees Maar ek het ook 'n kind Diep binne-in En, wel, ek moet by haar begin Die labrint van die lewe Is soms gekantel soos daai storie in 'n bos My bewuswording van ongesonde patrone Breek so die boeie om ons beide te verlos My ou gewoonte om skuld te aanvaar Ondermyn die waarheid Om vrede te bewaar Jy hou jy jouself stom Vir maande aaneen Oor ek die stof Onder die mat uit vee Ja ek soek ware versoening Maar jy voel so ingedoen en Ja, bloed is dikker as water, maar Geluk is dikker as bloed En jy speel spieëltjie aan die wand En maak so van my 'n vyand Maar ons verhoudings reflekteer Als wat ons nog in die leeftyd moet leer En nous daai spieëltjie aan die brand En dit is tyd om te laat gaan Soms stel die keuses wat mens moet neem Die mense wat jy die liefste het, teleur Maar ek kies waarheid My waarheid Fluit, fluit Fluit, fluit
Writer(s): Elizabeth Erasmus Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out