album cover
Blou Aarde
album cover
Blou Aarde was released on March 9, 1992 by The Gallo Record Company Vault as a part of the album Bloudruk
March 9, 1992
LabelThe Gallo Record Company Vault
BPM89
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy

Lyrics

[Verse 1]
Hier stap ons nou
In die voetspore van die brontosaurus
Hier oor die woestyne
Waar een tyd oerwoud was
Kan jy sien hoe ver het ons gekom?
In die sirkels van die tyd
Met ons medaljes en ons wonde
Stap ons oor die drumpel uit
Ongeskonde
[Verse 2]
En die wêreld is 'n groot blou bal
Wat stil deur die ruimte val
En ek en jy is kinders
Wees is ons gelaat
En soms vir 'n oomblik
Kan ons mekaar se taal verstaan
[Verse 3]
Niks kan die oorlog keer nie
Niks kan teen sy mag marsjeer nie
Hy trek 'n hakekruis
En sy maak haar hare los
Hy het 'n hamer en 'n sekel
En sy dans in die sandwoestyn
En ons streel met ons blote hande
Oor die eindelose sand
Onverbonde
[Verse 4]
En die wêreld is 'n groot blou bal
Wat stil deur die ruimte val
En ek en jy is kinders
Wees is ons gelaat
En soms vir 'n oomblik
Kan ons mekaar se taal weer praat
[Verse 5]
En eendag sal dit beter wees
Eendag sal ons wel verstaan
Waarom mense soms so wreed kan wees
Net om soms weer soveel meer te gee
[Verse 6]
En die wêreld is 'n groot blou bal
Wat stil deur die ruimte val
En ek en jy is kinders
Wees is ons gelaat
En soms vir 'n oomblik
Kan ons mekaar se taal verstaan
Soms vir 'n oomblik
Kan ons mekaar se taal weer praat
Written by: Ralph John Rabie
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...