album cover
Maanskyn
1,578
Afrikaans
Maanskyn was released on November 21, 2021 by Vonk Musiek as a part of the album Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse Maanskyn (feat. Inge Beckmann)
album cover
Release DateNovember 21, 2021
LabelVonk Musiek
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM134

Music Video

Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Neil Sandilands
Neil Sandilands
Vocals
Theo Crous
Theo Crous
Background Vocals, Guitar
Kevin Gibson
Kevin Gibson
Drums
Schalk Joubert
Schalk Joubert
Bass
Albert Frost
Albert Frost
Guitar
Landi Degenaar
Landi Degenaar
Background Vocals, Trumpet
Rayelle Goodman
Rayelle Goodman
Banjo
Frazer Georgio Barry
Frazer Georgio Barry
Percussion, Baroque Violin, Background Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Neil Joseph William Sandilands
Neil Joseph William Sandilands
Songwriter
Neil Sandilands
Neil Sandilands
Arranger
Theo Crous
Theo Crous
Arranger
PRODUCTION & ENGINEERING
Neil Sandilands
Neil Sandilands
Producer
Theo Crous
Theo Crous
Producer

Lyrics

Gee my die maanskyn, gee my die wyn
Gee my die saamwees, spaar my die pyn
Akkedisse kan oor klippe loop en 'n luiperd kan verdwyn
Ons kuier hierdie nag droog tot die son môre skyn
Dottie het alleen geloop van kindsbeen af tot nou
Geen vent kon haar bedonner nie maar baie manne wou
In die Moot het sy berug geword sy kon moegoes dubbel vou
As hul try om haar ’n lift te gee op daai leuen, hul roep hom trou
En Frik het ook maar bal gehang, sonder rigting sonder sent
Sy gevreet kon niemand uistaan nie maar sy vuiste was bekend
Vir smokkel met die diamante het die wat weet hom recommend
Om te vat wat syne was en die winste te versend
Gee my die maanskyn, gee my die wyn
Gee my die saamwees, spaar my die pyn
Akkedisse kan oor klippe loop en 'n luiperd kan verdwyn
Ons kuier hierdie nag droog tot die son weer môre skyn
Dit was twaalfuur op 'n Dinsdag, en Frikkie was reeds daar
Gisteraand se selfde klere, ongeskeerd, vuiljas takhaar
Toe Dottie deur die deure loop, skelfluit en handgebaar
Twee shots het sy bestel, een vir hom, een vir haar
Sy't oorgeleun en stip gekyk, ek's Dot, wat is jou naam?
Frik het baie lank net stilgebly, enigmaties miskien net skaam
Maar eers toe hy haar tiete sien, ja, haar tiete dra die blaam
Hy het opgestaan, hy't stip gekyk, Frik Duvenhage, dis my naam
Twee shooters het toe vier geword en later sommer agt
Hulle’t saam gedans, los en vas, uit hul pense uit gelag
Hulle’t plan beraam, van smokkel saam tot die graf krag tot krag
Frik se Mustang het daar voor gestaan en toe verdwyn hulle, in die nag
Gee my die maanskyn, gee my die wyn
Gee my die saamwees, spaar my die pyn
Akkedisse kan oor klippe loop en 'n luiperd kan verdwyn
Ons kuier hierdie nag droog tot die son weer môre skyn
Dis min of meer hoe die storie loop van die bose samesyn
Tussen Frikkie Duvenhage en sy venoot Dottie Steyn
Die toekoms was die Highway, smokkel en ’n kantien
Met ’n 9mill in die glovebox van ’n gietswart Mustang masjien
Ek vra vir absolusie, toe gee sy vir my pap
Sy sê 'n man moet fris wees om enduit
Gee my die maanskyn, gee my die wyn
Gee my die saamwees, spaar my die pyn
Akkedisse kan oor klippe loop en 'n luiperd kan verdwyn
Ons kuier hierdie nag droog tot die son môre skyn
Written by: Neil Joseph William Sandilands
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...