album cover
Twee Gebede
album cover
Twee Gebede was released on November 19, 2025 by Universal Music (Pty) Ltd. as a part of the album Twee Gebede - Single
November 19, 2025
LabelUniversal Music (Pty) Ltd.
BPM
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy

Music Video

Music Video

Lyrics

[Verse 1]
Jou ma het my belowe sy't jou goed grootgemaak
Nou sit ek weer uitgesluit op die stoep
Met jou vel onder my vingernaels
Sout op my wange
Gekneusde spiere
Bloedgeverfde gange
Uitgefreakte bure
Jou ma het my belowe
[Chorus]
Maar as ek niks sê nie
Het niks gebeur nie
Dit vat net twee weke om te genees
Twee gebede om anders te wees
Ek bid vir jou
Ek bid vir jou
Ek bid vir jou
[Verse 2]
Jou pa het my belowe jy is 'n goeie man
Maar ons kamer se deur het 'n gat
Net so groot soos jou regterhand
Glas in my hare
Gesnyde palms
Hel op aarde
Nou fluister ek psalms
Jou pa het my belowe
[Chorus]
Maar as ek niks sê nie
Sal niemand weet nie
Dit vat net twee weke om te genees
Twee gebede om anders te wees
Ek bid vir jou
Ek bid vir jou
Ek bid vir jou
[Verse 3]
Jy het my belowe jy sal my goed hanteer
Maar elke keer as dit weer gebeur
Is dit die Jameson wat jy blameer
Gebarste lippe
Koue are
Leë longe
Stilte
Jy het my belowe
Written by: Elandri Hulme
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...