album cover
Die Verlosser
album cover
Die Verlosser was released on October 11, 2007 by Blik Music as a part of the album Hemel & Aarde
ReleasedOctober 11, 2007
LabelBlik Music
BPM146
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy

Lyrics

[Verse 1]
O vir ses lang jare het dit nooit gereën nie
Die staal blou hemel het ons nooit geseën nie
Die bokke en skape en diere het gevrek
[Verse 2]
Moedeloos het ons kop geskud
En die kerk was vol en ons het hard gebid
Die ryk mense ja hulle het almal weggetrek
[Verse 3]
Een Saterdag middag toe die son gaan sak
Hier kom daar 'n vreemdeling aangestap
Hy dra so 'n guitar ding in sy hand
[Verse 4]
Hoe oud hy was kan ek nie sê nie
Niemand weet wat hy wil hê nie
Vir my lyk hy nogal moeilik en astrant
[Verse 5]
Ek is die verlosser was die reën kan bring
Ek is die man wat vir die wolke sing
En al wat ek wil hê is met jou mooiste kind te trou
[Verse 6]
O die mense het gelag hulle sê ja-nee
Bring ons die reën sal ons jou iets gee
Maar die mooiste een ons sal besluit oor die mooiste een vir jou
[Verse 7]
Elke uur vir 'n dag of twee
Dans die verlosser met sy skaduwee
Toe sien ons maar hier kom 'n wolkie oor die rand
[Verse 8]
En die hemel trek toe en die weerlig slaan
Die verlosser dans dat die stof so staan
Daai aand val die reën en seën die droeë land
[Verse 9]
En dit reën reën vir 'n week of twee
Almal wil iets vir die verlosser gee
Almal is so dankbaar en so bly
[Verse 10]
En ons braai vir hom worsies en ons skink vir hom dop
En hy lag tog te lekker en hy skud sy kop
Hy sê jou mooiste kind nou, nou bring haar hier na my
[Verse 11]
Almal kyk vir almal almal is verstom
Ons dink hy maak 'n grap en ons lag vir hom
Hy sê belofte is belofte, is dit nie?
[Verse 12]
Ons sal jou betaal sê net wat jy wil hê
Jou mooiste kind het ek aan die begin gesê
Maar nou kan ek sien niemand gaan haar aan my gee
[Verse 13]
Hy vat sy baadjie en hy vat sy tas
Elke ouer hou sy kind styf vas
Hy se mense dis nou jammer, maar ek moet waai
[Verse 14]
Hy vat sy guitar stap die hoofstraat af
Niemand praat nie net die honde blaf
Hulle dink ja loop man, loop maar in jou maai
[Verse 15]
Die volgende oggend toe die hane kraai
In elke huis hoor ons dieselfde lawaai
Mammas skree "my kinders het verdwyn"
[Verse 16]
Ons soek die dorp deur ons roep hulle name
Heen en weer in elke ou kamer
Maar al wat ons hoor is die verlosser se refrain
[Verse 17]
Jaar na jaar het die reën gekom
Ons het ryk geword die veld het geblom
Nogtans het ons dorpie agteruit gegaan
[Verse 18]
Ons kon nie lag nie die kos had nie geur nie
Ons kon nie praat oor wat het gebeur nie
Maar die les van die velosser het almal nou verstaan
Written by: David Kramer

Loading...