album cover
Ouma
1
Pop
Ouma was released on May 27, 2026 by 11311164 Records DK as a part of the album Ouma - Single
album cover
Release DateMay 27, 2026
Label11311164 Records DK
LanguageDutch
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM69

Music Video

Music Video

Lyrics

Liewe Ouma…
Dis nou 'n jaar, maar soms voel dit soos gister
Ek hoor nog hoe jy sê:
"Glo net in jouself en dit wat jy doen,
die mense gaan dit raaksien."
Daai woorde dra my steeds
Deur elke bang besluit
Jy't my geleer om dapper te lewe
Maar sag te bly van binne
Ek sien jou nog in die kombuis staan
Met daai lag wat alles ligter maak
My ouma, ek mis jou lag
Ek mis jou drukkies wat alles veilig maak
Die wêreld lyk anders sonder jou
Dis stiller as wat my hart kan vat
As ek net nog een keer kon hoor
"Ek hou duimvas vir jou, my kind"
Sou ek vir 'n oomblik weer heel voel
In 'n wêreld wat nou anders klink
Ek wens vir net nog een geselsie
Net nog een koppie koffie saam
Net nog een keer om te hoor
Hoe jy my naam sê soos net jy kon
Daar's soveel wat ek jou wil vertel
Soveel wat hier gebeur het
Ek kyk soms op en fluister sag
"Hoop ouma kan dit sien."
En in stil oomblikke voel ek jou naby
Soos 'n sagte asem langs my
My ouma, ek mis jou lag
Ek mis jou wysheid in my dae
Dis nou 'n jaar en ek dra jou nog
In elke besluit wat ek maak
Jy't in my geglo toe ek self nie kon
Selfs toe alles rondom my breek
Jy was my vaste grond, my veilige plek
Toe ek net 'n kind was wat probeer sterk wees
Ek is jaloers op die Hemel
Dat hulle jou nou by hulle hou
Maar dalk het hulle jou net geleen
Vir my, vir daai jare saam met jou
En dalk leef jou lag nou in my
Elke keer as ek weer opstaan
Elke keer as ek my drome jaag
Met jou stem wat my naam fluister aan
My ouma, dis nou 'n jaar
Maar my hart tel nog elke dag
Ek dra jou lig in alles wat ek doen
En ek hoop ek maak jou trots vanaand
En eendag as my pad hier klaar is
En ek weer deur stilte gaan
Sal ek jou lag weer hoor, my ouma
En weer jou drukkie voel
Aan die ander kant van tyd
Written by: Echo Noord, Lukas Cornelius Potgieter
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...