album cover
Dertig-en-Drie
117
Pop
Dertig-en-Drie was released on July 24, 2026 by H Berg Records as a part of the album Dertig-en-Drie - Single
album cover
Release DateJuly 24, 2026
LabelH Berg Records
LanguageDutch
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM133

Credits

PERFORMING ARTISTS
Albert Immelman
Albert Immelman
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Albert Immelman
Albert Immelman
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
H Berg Records
H Berg Records
Producer

Lyrics

Hy sien weer LM Radio, hy hoor weer vir Spiekeries se lag, hy ruik weer rook in kleedkamers en whisky laatnag
Hy sien weer die S A U K gange waar die ligte laat nag nog brand, jong sangers met hul drome en kitare in kaste weg gepak
Toe Gé nog elke huis kon vul, toe Karyke mense laat sing, toe Bles die Super Bowl vol pak en rooi rose bring
En iewers tussen al daai name het hy ook sy plek gekry, 'n stem wat oor die radio golwe deur die land sou gly
Lank voor Spotify en YouTube, lank voor elke foonskerm, het ons gewag vir Springbok Twintig soos klein kindertjies wat nog in Kersvader glo
O, die S A U K gange, hoor ek hulle nog vanaand, die lag, die lied, die drome wat nog dwaal daar in die gang
LM speel sag in my gedagtes, Spiekeries tel weer af vir my, en die plaat draai nog teen dertig-en-drie
Ja, die S A U K gange, hulle roep my nog terug, na die dae toe die wêreld nog stadiger was as vandag
Al die ligte het verdwyn, al die jare het verby gegly, maar die plaat draai nog teen dertig-en-drie
Nou sit hy by die vensterbank waar die middagson kom lê, terwyl die wêreld buite jaag soos dit deesdae altyd doen
Sy vingers haal 'n swart LP versigtig uit die kas, die krapmerke en die stof vertel van hoe die lewe eens was
Die naald vind ritme in die groef met daardie ou bekende kraak, en skielik word die jare stil en die verlede maak weer saak
Die grys hare en ou lyf verdwyn vir net 'n ruk, want warm langspeel herinnering bring ou drome terug
En vir een klein oomblik voel dit weer of niks ooit sou vergaan, of die dae van die S A U K vir altyd sou bly staan
O, die S A U K gange, hoor ek hulle nog vanaand, die lag, die lied, die drome wat nog dwaal daar in die gang
LM speel sag in my gedagtes, Spiekeries tel weer af vir my, en die plaat draai nog teen dertig-en-drie
Ja, die S A U K gange, hulle roep my nog terug, na die dae toe die wêreld stadiger was as vandag
Al die ligte het verdwyn, al die jare het verbygegly, maar die plaat draai nog teen dertig-en-drie
Vandag luister mense anders, 'n lied leef net 'n week, more is daar al weer iemand anders wat nog 'n rekord breek
Maar hierdie ou musiek dra merke, dit ruik nog na die pad, na liefde, hoop en lang somers wat niemand ooit kan vat
Hy maak sy oë stadig toe en hoor die skare juig, hy voel weer hoe die verhoog bewe en hoe die kollig die aandag bring
Hy onthou vir Elvis en vir Queen wat die wêreld laat beef, vir Sinatra laatnag wat stil oor die stad sweef
Waar is hulle nou?
Die sangers van daardie tyd?
Die vriende in die kleedkamers?
Die stemme van weleer?
Party lê onder marmerklippe, party woon oorsee, party leef nog net in 'n ou refrein se see
En soms wonder ek of iemand nog onthou hoe ons die wêreld stil gemaak het met net 'n liedjie toe gevou
O, die S A U K gange, hoor ek hulle nog vanaand, die lag, die lied, die drome wat nog dwaal daar in die gang
LM speel sag in my gedagtes, Springbok Twintig leef nog hier, waar die plaat draai teen dertig-en-drie
Ja, die S A U K gange, hulle sal my altyd ken, al het die wêreld lankal aanbeweeg na nuwe sterre en nuwe stemme
As my naam eendag verdwyn, en die tyd my uit kom vee, sal daar iewers nog 'n plaat speel teen dertig-en-drie
Written by: Albert Immelman
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...