Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Kookwater
Kookwater
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Steve Hofmeyr
Steve Hofmeyr
Composer

Lyrics

Sing, sing jou woorde teen my vas Bring, jou hele lewe in 'n tas Vat 'n trein na Bloemfontein En die 506 na Petrus Steyn En as jy wil Vat daar 'n bicycle Volg, volg die grondpad teen die bult Hol, oor die velde as jy wil Hier wag ek die jare om Vir 'n stofwolk op die horison Of iets soortgelyk Wat soos jy lyk Ek't nog 'n vrot pampoen En 'n stukkende skoen En 'n trekker wat se tyres lek Vir alles wat ek aan jou gedoen het Kom jy by my intrek Ek't nog 'n vrot pampoen En 'n stukkende skoen En 'n plaas wat ek afbetaal Vir alles wat ek aan jou gedoen het Kom jy om my te haal Stuur, stuur my liefde vir jou ma Maar as jy kom los haar net daar Want hier's net plek vir drie van ons Dis ek en jy en 'n af-oor hond Sy naam is Roof Maar hy's al jare doof Bring, bring daai goedjies wat jou pla En ek maak 'n ring van ogies draad Ek spaar nog vir die diamant En 'n donkiekar vir die predikant Ek sal moet blomme leen Tot dit eendag reën Ek't nog 'n vrot pampoen En 'n stukkende skoen En 'n trekker wat se tyres lek Vir alles wat ek aan jou gedoen het Kom jy by my intrek Ek't nog 'n vrot pampoen En 'n stukkende skoen En 'n plaas wat ek afbetaal Vir alles wat ek aan jou gedoen het Kom jy om my te haal Ek't nog 'n vrot pampoen En 'n stukkende skoen En 'n trekker wat se tyres lek Vir alles wat ek aan jou gedoen het Kom jy by my intrek Ek't nog 'n vrot pampoen En 'n stukkende skoen En 'n plaas wat ek afbetaal Vir alles wat ek aan jou gedoen het Kom jy om my te haal
Writer(s): Steve Hofmeyr Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out