album cover
Valkenburg
2,459
Pop
Valkenburg was released on January 1, 2009 by Select Musiek as a part of the album Grootste Treffers
album cover
Release DateJanuary 1, 2009
LabelSelect Musiek
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy

Credits

PERFORMING ARTISTS
Ddisselblom
Ddisselblom
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Lorette Coete
Lorette Coete
Composer
Ingrid Jonker
Ingrid Jonker
Lyrics

Lyrics

[Verse 1]
Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug
En dink my nou aan Gordonsbaai terug
Ek speel met paddavisse in 'n stroom
En kerf swastikkas in rooikransboom
[Verse 2]
Ek is die hond wat op die strande draf
En dom alleenig teen die aandwind blaf
Ek is die seevoël wat verhonger daal
En dooie nagte opdis in 'n maal
[Verse 3]
Die God wat jou geskep het uit die wind
Sodat my smart in jou volmaaktheid vind
My lyk lê uitgespoel in wier en gras
Op al die plekke waar ons eenmaal was
[Verse 4]
En in die aand by Gordonsbaai
Het sy kinderlik geraai
Waar die lelieblom kon wees
En haar hart van pyn genees
[Verse 5]
In haar soektog raak haar hand
Aan die onkruid op die strand
Word haar oë sag en blind
Waai haar drome in die wind
[Verse 6]
Hurk sy roerloos vasgerank
Toegemaak deur wier en sand
Hurk sy roerloos vasgerank
Toegemaak deur wier en sand
Written by: Ingrid Jonker, Lorette Coete
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...