album cover
Daar's 'N Plek
album cover
Daar's 'N Plek adlı parça {albumName} albümünün bir parçası olarak Mountain Records tarafından 1 Ocak 1990 tarihinde yayınlandıKarooNagte
1 Ocak 1990
FirmaMountain Records
BPM69
Melodiklik
Akustiklik
Valence
Dans Edilebilirlik
Enerji

Şarkı sözleri

[Verse 1]
Daar's 'n plek wat ek van weet
Sonder sorge, sonder pyn, sonder leed
Die pad daarheen is ongekaart
Die reis daarheen is sonder vaart
En daar is rusplek langs die pad
Hmm-hmm
[Verse 2]
Die son se geel word jou sambreel
Op jou reis tot waar die pad se vurk verdeel
Die een se slingerspoor word dof
Waar dit wegloop in die stof
Maar die ander lei tot hier
[Chorus]
Want hier sal jy vind dat jy steeds deur die oë van 'n kind
Die lewenspel speel, granate van onskuld kan deel
Om weer vir 'n oomblik die kennis van kwaad te ontken
Om weer te kan glo wat jy het is 'n gawe van bo
[Verse 3]
Daar's 'n winterlose oord
Waar 'n mens nog steeds die ure ongestoord
Op die telraam van die tyd
Sonder spyt of klein verwyt
Soos seisoene af kan tel
Hmm-hmm
[Verse 4]
Knip jou deur se grendel dig
Sluit jou vensters en jou luike teen die lig
Pak jou drome vir die reis
Jou hart sal jou die kronkels wys
Om ongeskonde hier te kom
[Chorus]
Want hier sal jy vind dat jy steeds deur die oë van 'n kind
Die lewenspel speel, granate van onskuld kan deel
Om weer vir 'n oomblik die kennis van kwaad te ontken
Om weer te kan glo wat jy het is 'n gawe van bo
'n Gawe van bo
Hmm-hmm
'n Gawe van bo
[Outro]
'n Gawe van bo
Hmm
'n Gawe van bo
Written by: Coenie de Villiers
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...