Müzik Videosu
Müzik Videosu
Krediler
PERFORMING ARTISTS
Piet Botha
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Piet Botha
Songwriter
Şarkı sözleri
Ja, dit was die oorlog vir die nuwe dag
Vir die kerkraad, 'n swanger meisie wat wag
In die reën, al die kinders wat die dominee seën
Al die jong laaitjies nou net uit die skool, welkom, welkom
Dit was vir die ryk man op Waterkloof se straat
Blink gebou, almal werk, maar niemand mag praat
Was vir die weduwees en die armes van gees
En almal in uniform en die kapelaan lees
Maar Whitey, jou oë op daai dag
Was blou net soos die lug
En toe ons weer so kyk het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal
Hulle was die oorlog vir die nuwe dag
Vir Harry Oppenheimer en al sy maats
Vir Rembrandt van Rijn en Alfred Dunhill en die OK Bazaars
En die hele bloody spul by die SAUK
Julle was die oorlog vir die CIA
Generaal ry rond in sy blink swart kar
Speel skaak met die kinders van ons land
En agter hom is die wêreld nou erg aan die brand
Maar Whitey, jou oë op daai dag
Was blou net soos die lug
En toe ons weer so kyk het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal, goeienag Generaal
Maar Whitey, jou oë op daai dag
Was blou net soos die lug
En toe ons weer so kyk het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal, slaap lekker
Written by: J P Botha, Piet Botha


