album cover
Die Kolonie
79
Christian & Gospel
Die Kolonie was released on April 6, 2021 by Stonebed Music as a part of the album Die Kolonie
album cover
Release DateApril 6, 2021
LabelStonebed Music
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM111

Credits

PERFORMING ARTISTS
Prophet
Prophet
Performer
Helmut Meijer
Helmut Meijer
Keyboards
Lukas De Beer
Lukas De Beer
Bass Guitar
Sven Blumer
Sven Blumer
Electric Guitar
Pierre Tredoux
Pierre Tredoux
Drums
COMPOSITION & LYRICS
Koos Van Der Merwe
Koos Van Der Merwe
Songwriter
Theo Geyser
Theo Geyser
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Helmut Meijer
Helmut Meijer
Producer
Lukas De Beer
Lukas De Beer
Producer

Lyrics

As die skepe ver uit die Noorde kom
En die Bybel saam met die skepe kom
En gewere saam met die Bybel kom
Sal die slawe Sondag na die kerk toe kom
Want ons leef in die Kolonie X2
As die myne al die goud vir die base gee
En die myners baie min vir hulle kinders kan gee
Kry die base al die plase en 'n huis by die see
Maar die werkers van die base vra vir sink en steen
Want ons leef in die Kolonie x2
Jy skroef my en ek skroef jou
Met die skroewedraaier van die Empaaier
Jy skroef my en ek skroef jou
Met die skroewedraaier van die Empaaier
Want ons leef in die Kolonie
Daar’s 'n reënboog oor die land en die mense is bly
Nuwe base op die plase want die land is vry
En die base van die plase koop ’n huis op die strand
En die werkers staan nog steeds met 'n leë hand
Dis nog steeds net die Kolonie
As die donker laatnag oor jou lyf gaan skyn
En jou lyf verlang dan na die donker wyn
Kan jy wag vir my daar in die laatnagtuin
Solank jy weet ek gaan weer môre vroeg verdwyn
Want ek leef in die Kolonie
Jy skroef my en ek skroef jou
Met die skroewedraaier van die Empaaier
Jy skroef my en ek skroef jou
Met die skroewedraaier van die Empaaier
Want ons leef in die Kolonie
As die stille wind oor my siel kom waai
En my hart dan wens om na die lig te draai
Wie kan help as 'n ander hart my wil verraai
Aan die waar en die vals is ek vasgedraai
Ek’s 'n slaaf in my Kolonie
Toe ek gister my las na die kerk toe dra
Toe ek hoop daar’s hoop toe ek raad gaan vra
Was die kerkraad in sitting oor 'n groot gevaar
En die deure was toe en die liefde was klaar
Dis die kerk van die Kolonie
Jy skroef my en ek skroef jou
Met die skroewedraaier van die Empaaier
Jy skroef my en ek skroef jou
Met die skroewedraaier van die Empaaier
Want ons leef in die Kolonie
Daar’s 'n lied in die wind wat die lewe bring
Daar’s 'n lied in die wind wat van vrede sing
As ek buig soos 'n slaaf is ek vry soos 'n kind
Bind my vas dan’s ek los, sal ek vryheid vind
O ek soek na sy Kolonie
Skroef jy my en skroef ek jou
Dan kom die skroewedraaier van sy Empaaier
Kom ons leef in sy Kolonie,
Ja ek soek na sy Kolonie,
O ek vlug uit my Kolonie
Want ek soek na sy Kolonie
Laat my sterf in die Kolonie
Ek wil leef in sy Kolonie
Written by: Koos Van Der Merwe, Theo Geyser
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...