制作
出演艺人
Die Heuwels Fantasties
表演者
Coenie de Villiers
表演者
作曲和作词
Die Heuwels Fantasties
词曲作者
Coenie de Villiers
词曲作者
歌词
Jy kan sê dis alles toeval
Dis maar soos dit is
Twee mense wat mekaar ontmoet
Deur die noodlot so beslis
Ek was al vantevore
Hier waar ons ons bevind
Waar mens ewigdurig trou beloof
Maar jy's later onbemind
Maar jy trek my soos die maan
Die gety se eb en vloed
Jy laat my dalk weer glo
En jy gee my dalk weer moed
Want wonder bo wonder
Uiteraard onbeplan
Hoe vat ons nou hierdie ding verder?
En hoe keer ons dit aan?
Wonder bo wonder
Uiteraard onbeman
As alles weer inmekaar inval
Sal jy my oortuig
Om die stukke weer op te tel
So word 'n mens versigtig
So word mens katvoetwys
As almal iewers heengaan
Bly jy dikwels tuis
Want jy't later te veel letsels
Wat soos soeweniers die hart
Laat huiwer en versigtig maak
Jy hou hom liefs apart
Maar jy trek my soos die maan
Die gety se eb en vloed
Jy laat my dalk weer glo
En jy gee my dalk weer moed
Want wonder bo wonder
Uiteraard onbeplan
Hoe vat ons nou hierdie ding verder?
En hoe keer ons dit aan?
Wonder bo wonder
Uiteraard onbeman
As alles weer inmekaar inval
Sal jy my oortuig
Om die stukke weer op te tel
Wonder bo wonder
Uiteraard onbeplan
Hoe vat ons nou hierdie ding verder?
En hoe keer ons dit aan?
Wonder bo wonder
Uiteraard onbeman
As alles weer inmekaar inval
Sal jy my oortuig
Om hierdie stukke weer op te tel
Wonder bo wonder
Uiteraard onbeplan
Hoe vat ons nou hierdie ding verder?
En hoe keer ons dit aan?
Wonder bo wonder
Uiteraard onbeman
As alles weer inmekaar inval
Sal jy my oortuig
Om die stukke weer op te tel
Written by: Coenie de Villiers, Die Heuwels Fantasties

