歌词
As die son vanaand gaan sak gaan 'n miljoen harte breek
As die waarheid braaf genoeg was om sy kop weer uit te steek
Sou ons dalk in vrede
Die mense in hierdie lewe kon genees?
Maar ek is bang net soos jy vir dit wat kan gebeur
Wat as donker wolke kom en jy staan sonder 'n geweer?
Sal die goedheid in jou hart die suurreën
Vir 'n oomblik kan keer?
Maar ek sou alles nou verruil
As ek net saam met jou kon huil
Ek sal klim in jou bed
Ek voel niks vir die res
Ons sal skaduwees oorrompel
Dat ons kan sien in die donker
Wie sal verstaan?
As die son vanaand gaan sak gaan 'n miljoen harte breek
As die waarheid braaf genoeg was om sy kop weer uit te steek
Dan sou ons dalk in vrede
Die mense in hierdie lewe kon genees
Maar ek is bang net soos jy vir dit wat kan gebeur
Wat as donker wolke kom en jy staan sonder 'n geweer
Sal die goedheid in jou hart die suurreën
Vir 'n oomblik kan keer
Maar ek sou alles nou verruil
As ek net saam met jou kon huil
Ek sal klim in jou bed
Ek voel niks vir die res
Ons sal skaduwees oorrompel
Dat ons kan sien in die donker
Wie sal verstaan?
En ons weet ons moet probeer
Maar dis so maklik om op te gee
Hoekom sal jy dan opstaan
As jy so bang is om te val?
Ek is moeg vir die gesukkel
En ek is moeg vir die baklei
Wie sal verstaan?
As die son vanaand gaan sak gaan 'n miljoen harte breek
As die waarheid braaf genoeg was om sy kop weer uit te steek
Dan sou ons dalk in vrede
Die mense in hierdie lewe kon genees
Written by: Twee


