歌词
As die nag sy baadjie toeknoop oor die veld
En die diereriem sy blink tot teen die skerpioen laat lê
As die tweeling en die kreef, kotteljons oor Beaufort-Wes
En die maan sy beker skink oor Graaff-Reinet
Ruik jy katbos en kambro?
As dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind, my optelkind
Vanaand
Ruik jy katbos en kambro?
As dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind, my optelkind
Vanaand, hier vanaand
In die môre as dit blou word, en die amberwolke roer
As die son sy eerste lig, oor die bitterboela stoot
As die trein by Noupoort fluit, en dit wegraak in die wind
En 'n tolbos iewers vaswaai teen die rand
Ruik jy katbos en kambro?
As dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind, my optelkind
Vanaand
Ruik jy katbos en ruik jy kambro?
As dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind, my optelkind
Vanaand, hier vanaand
Ruik jy katbos en kambro?
As dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind, my optelkind
Vanaand
Ruik jy katbos en ruik jy kambro?
As dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind, my optelkind
Vanaand, hier vanaand
Ruik jy katbos en kambro?
As dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind, my optelkind
Vanaand
Written by: Coenie de Villiers


