歌词
Vyf vingers vir die vuis waarmee jy my wil slat
Vier uur is te laat om in die strate te stap
Derde keer is gelukkig, die trane spat
Die twee van ons my skat, ons vat een vir die pad
Jy's die volume op my radio
Sout in my wonde
So hoog as moontlik, so seer
Jy maak my gesonder
Dinamiet kom in klein boksies
Dis antisepties, maar liefde is toksies
En dit maak my siek om te sê
Ek's fokken lief vir jou
So fokken lief vir jou
Wa-ha-ha-ha
Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou
Al die kak wat ons al deur is
Fokken lief vir jou
Ek weet daar's moeilikheid daar buite
En ek dink ons sal dit maklik kan vind
As jy my aanbid
En ek jou vat soos 'n vitamiene
Geen dissipline
Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou
So fokken lief vir jou
Daar's 'n kroeg tussen die Sanlam hoofgebou
En die Strandstraat se Spar
Oulike dame
Wat agter die toonbank staan
Week salaris in die bank
Geen planne gehad "Vat jul kaarte?", vra ek
"Nee, ons gee hulle terug"
Nou hoe gaan ek betaal en hoe laat maak jy klaar?
Sy sê sy werk nie "Nou wat maak jy agter die bar?"
"Ek wag vir jou", sê sy "En jy mors nou my tyd"
Daar's reëls om te breek en foute om te maak
Kom ons maak onsself los en gaan sit vas in mekaar
Ek's fokken lief vir jou
So fokken lief vir jou
Wa-ha-ha-ha
Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou
Al die kak wat ons al deur is
Fokken lief vir jou
Ek weet daar's moeilikheid daar buite
En ek dink ons sal dit maklik kan vind
As jy my aanbid
En ek jou vat soos 'n vitamiene
Geen dissipline
Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou
En dit maak my siek om te sê
Ek's fokken lief vir jou
So fokken lief vir jou
Wa-ha-ha-ha
Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou
Wa-ha-ha-ha
Wa-ha-ha-ha
Written by: Francois Badenhorst, Georg Johan de Ridder, Jacobus Gideon Venter, John Hunter Eddington Kennedy, Wynand Johannes Myburgh


