制作

出演艺人
Steve Hofmeyr
Steve Hofmeyr
表演者
作曲和作词
Steve Hofmeyr
Steve Hofmeyr
作曲

歌词

Ek gee nie regtig om hoe laat nie
Ek sal beter voel as jy net kom
Ek weet nie hoekom bly ons kwaad nie
Die ure wat ons mors daar om
Die wêreld doen sy ding
Met of sonder ons daarin
Dis ek en jy wat hier bly staan
In daai uur se vrees
Kon ek in jou arms wees
Maar ons verkies om vêr te staan
Ek staan hier
Jy staan daar
En alles wat ons wil word deurmekaar
Waar's die engele om ons
Die son trek heeltyd water
En die ure wik en weeg
En ons liefde wat 'n see was
Lyk so baie anders leeg
Die son trek heeltyd water
En die uurglas loop hom leeg
Was my hart vir jou te lig gevind
Toe die engele dit kom weeg
Ek lees jou in jou leë kamers
As vere op my ou matras
Ek wens ek kon dit als verander
Toe engele nog om ons was
Want die wêreld doen sy ding
Met of sonder ons daarin
Dis ek en jy wat hier bly staan
In daai uur se vrees
Kon ek in jou arms wees
Maar ons verkies om vêr te staan
Ek staan hier
Jy staan daar
En alles wat ons wil word deurmekaar
Waar's die engele om ons
Die son trek heeltyd water
Die son trek heeltyd water
En die ure wik en weeg
En ons liefde wat 'n see was
Lyk so baie anders leeg
Die son trek heeltyd water
En die uurglas loop hom leeg
Was my hart vir jou te lig gevind
Toe die engele dit kom weeg
Die son trek heeltyd water
Die son trek heeltyd water
En die ure wik en weeg
En ons liefde wat 'n see was
Lyk so baie anders leeg
Die son trek heeltyd water
En die uurglas loop hom leeg
Was my hart vir jou te lig gevind
Toe die engele dit kom weeg
Written by: Steve Hofmeyr
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...