歌词

Ek soek jou in die laat aand nagte, ek soek jou as die son gaan lê Ek soek jou as die N1 stil raak om my, as my worde niks kan sê Ek soek jou in die stil akoorde wat die uile vir my fluit Ek soek jou as my asem min raak, wanneer jy, by my spook Soek jy my asem? Dis al wat ek kan gee Ek soek jou asem, in alles en nog meer Niks wat ek doen nie sal jou ooit kan oortuig Dus gee ek als vir jou my asem blaas ek uit, my asem blaas ek uit Jare lank wag ek al vir jou, verewig sal ek jou onthou Nog nooit kon ek myself sien leef, deur die are van n vrou Tog het jy my aan getrek - my wentel baan verskuif Ek wens dat jy my ook sien, dat ek jou kan oortuig Ja die som van wat ek het, is nie genoeg vir jou nie En dit is diep in my gebet, dat jy my vind
Writer(s): Kritzinger Christiaan Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out