制作
出演艺人
Anton Goosen
表演者
作曲和作词
Anton Goosen
词曲作者
歌词
Ek eet jou appelkose
Kyk, ek drink jou wyn
Ek saai my waatlemoene
In die lippe van jou tuin
Jou asem in my hare
Voel ek jou lyf se rondings lê
Hier waar ek voor jou wete staan
Want, baby, ek wil jou hê
Is dit met of is dit sonder jou?
Wat is dit wat my so aan jou laat klou?
Dalk is ek net verslaaf aan jou
Of sê die sterre wat in jou oë lê
In die vlooimark van verbeelding
Waar geheime hartstog wen
Verdwyn die mis en hang die son
Was dit al die tyd toe jy?
Stuur 'n briefie in 'n bottel
'n Digitale SMS
Ek dors so vir jou woorde
Soos net jy dit kan les
Is dit met of is dit sonder jou?
Wat is dit wat my so aan jou laat klou?
Dalk is ek net verslaaf aan jou
Of sê die sterre wat in jou oë lê
Is dit met of is dit sonder jou?
Wat is dit wat my so aan jou laat klou?
Dalk is ek net verslaaf aan jou
Of sê die sterre wat in jou bruin oë lê
Written by: Anton Goosen