制作

出演艺人
Anton Goosen
Anton Goosen
表演者
作曲和作词
Anton Goosen
Anton Goosen
词曲作者

歌词

[Verse 1]
'n Skraal wind waai oor die Nguniebosse, op die pad buite Uniondale
Elke Paasnaweek staan die spookmeisie daar as die herfswind hoeka al huil
Met haar lang swart hare onder sekelmaan, tuur sy oor die vlaktes, haai
En haar klere blink spookagtig saam en haar duim vra om haar op te laai
[PreChorus]
En die Kammanasieberg spook huil, as hy klippe bergaf rol
En die spookmeisie van Uniondale, wat duimry en droewig sing
[Chorus]
Blommetjie gedenk aan my en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my, sing die spook van die Klein Karoo

[Verse 2]
Die reisigers verby Uniondale het haar dikwels opgelaai
En verder aan, so uit die nuut, verdwyn sy in die wind wat waai
So as jy saans in die langpad dwaal oor die pase middernag
Pasop vir die spook van die Klein Karoo, tensy jy gaan spoke jag
[PreChorus]
En die Kammanasieberg spook huil, as hy klippe bergaf rol
En die spookmeisie van die Uniondale, wat duimry en droewig sing
[Chorus]
Blommetjie gedenk aan my en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my, sing die spook van die Klein Karoo
Blommetjie gedenk aan my en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my, sing die spook van die Klein Karoo
Blommetjie gedenk aan my, sing die spook van die Klein Karoo
Blommetjie gedenk aan my, sing die spook van die Klein Karoo
Written by: Anton Goosen
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...