音乐视频

音乐视频

制作

作曲和作词
Lize Beekman
Lize Beekman
词曲作者

歌词

Die wêreld lyk asof onderstebo
Ek sien die bang vir die onbekende in jou oë
Ek was al daar - die hemel weet dit is so
So ek sit langs jou sonder oordeel of verwyt
En kyk, daar buite, hoe die daeraad breek
En kyk, hier sit ons twee nog steeds
Hier en nou, kan jy met sekerheid in jou hande hou
En as jy wil, kan jy vertel hoe hierdie oomblik voel
Van die son wat sag oor jou rug kom dans
En die warm van sy lig wat oor jou skouers val
Hier en nou, is ek langs jou
Oral-oor is alles ongewoon
Ek sien verlang na 'n ander tyd in jou oë
Ek was al daar - die soek na iets normaal
En net 'n antwoord op een van 'n duisend vrae
Maar kyk, daar buite, hoe die daeraad breek
En kyk, hier sit ons twee nog steeds
Hier en nou, kan jy met sekerheid in jou hande hou
En as jy wil, kan jy vertel hoe hierdie oomblik voel
Van die son wat sag oor jou rug kom dans
En die warm van sy lig wat oor jou skouers val
Hier en nou, is ek langs jou
Written by: Lize Beekman
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...