制作
出演艺人
Laurika Rauch
声乐
作曲和作词
David Kramer
作曲
制作和工程
Laurika Rauch Produksies Edms Bpk
制作人
歌词
Bokant die stasie
Daar woon Krisjan Swart
Tussen die spoorweg en die nasionale pad
Op die muur van sy stoep
Hang die horings van 'n bok
In sy agterplaas groei 'n perskeboom
Langs 'n groot ou duiwehok
Op daai duiwe is hy trots
Hulle maak sy hart so bly
Want die silwerbekers op sy pelmet
Staan so in 'n ry
Ja, hy is Krisjan Swart
Hy's wyd en syd geken
Vir sy duiwe wat so vinnig vlieg
En pryse vir hom wen
Nou, Krisjan se vrou
Is lekker rond en vet
In haar hare dra sy curlers
In haar mond 'n sigaret
Pantoffels aan haar voete
Kook sy moskonfyt
Met haar een oog op die tuinjong
Wat die agterplaas natspuit
Op daai vrou is hy so trots
Sy maak sy hart so bly
Al is sy nie jonk nie
Kan sy nog lekker vry
Ja, sy is Wilmina Swart
Hulle ken haar wyd en syd
Vir haar melktert en mosbolletjies
Haar beroemde boerbeskuit
Nou, Krisjan se dogter's met 'n prokureur getrou
En hy't vir haar 'n groot wit huis in Riebeeckpark gebou
Die kaggel in die sitkamer is mooi met klip versier
En 'n skildery van die Tafelberg
Hang ook daar teen die muur
Op daai dogter is hy trots
Sy maak sy hart so bly
Al is sy nie mooi nie
Het sy haar man gekry
Ja, sy is Johanna Swart
Sy's die vrou van die prokureur
En haar lippies en haar vingernaels
Is dieselfde bloedrooi kleur
Nou, Krisjan se seun is lekker fris gebou
Maar sy stem is 'n bietjie hoog
En sy broek is 'n bietjie nou
Sy hare dra hy lank
En hy speel ook die kitaar
Krisjan vra sy vrou
"Waar kom die seun vandaan?"
Op daai seun is hy nie trots nie
Hy maak sy hart so seer
"Kan ek tog sy pa wees?"
Wil Krisjan redeneer
Ja, hy is Krisjan Swart
Hy't ook sy pa se naam
Maar sy hare en sy kitaarspeel
Die maak sy pa so skaam
Bokant die stasie
Daar woon die Swart gesin
Krisjan drink net brannewyn
Wilmina drink net gin
Hulle sit daar op die stoep
In die skemerlig so flou
Hulle kyk hoe vlieg die duiwe
Sirkels teen die blou
Hulle sit daar op die stoep
In die skemerlig so flou
Hulle kyk hoe vlieg die duiwe
Sirkels teen die blou
Sirkels teen die blou
Written by: David Kramer