制作
出演艺人
Jak De Priester
表演者
作曲和作词
Jak De Priester
作曲
制作和工程
Jak De Priester
制作人
歌词
[Verse 1]
Ons kom al 'n lang pad
Ons ken mekaar goed
Mense sê water is dunner as bloed
Maar ek en jy weet dat die tyd ons net leer
Dat vriendskap se water ons vlerke kan gee
[Verse 2]
Lewe gee klappe maar saam klap ons terug
Jy leen op my skouer, ek staan op jou brug
Jy wys my die sonskyn as ek my vreugde verloor
En ek speel vir jou 'n liedjie dan sing ons saam met die koor
[Chorus]
Want die mense sê water is dunner as bloed
Maar jy is my rots in die wêreld se vloed
En ek maak jou kalm as iets binne jou woed
So ons weet dat water is soms dikker as bloed
[Verse 3]
Ek is lief vir jou kinders en jy ook vir myne
Ek's bly as jy bly is en jy ken ook my pyne
Saam maak ons planne, soms luister jy net
En laat om 'n kampvuur sal ons die wêreld kan red
[Chorus]
Want die mense se water is dunner as bloed
Maar jy is my rots in die wêreld se vloed
En ek maak jou kalm as iets binne jou woed
So ons weet dat water is soms dikker as bloed
[Verse 4]
Want as ek moeg is dan dra jy my
As ek ver is kom haal jy my
As ek hier is dan sê jy my die lewe is okay
[Verse 5]
As ek moeg is dan dra jy my
As ek ver is kom haal jy my
As ek hier is dan sê jy my die lewe is okay
[Verse 6]
Ons kom al 'n lang pad
Ons ken mekaar goed
Ek deel my probleme, ons gee mekaar weer moed
Jy troos my as ek huil en ek koop vir jou 'n bier
En as die springbokke wen dan sal ons dit vier
[Chorus]
Want die mense sê water is dunner as bloed
Maar jy is my rots in die wêreld se vloed
En ek maak jou kalm as iets binne jou woed
So ons weet dat water is soms dikker as bloed
[Chorus]
Want die mense sê water is dunner as bloed
Maar jy is my rots in die wêreld se vloed
En ek maak jou kalm as iets binne jou woed
So ons weet dat water is soms dikker as bloed
Ons weet dat water is soms dikker as bloed
Written by: Jak De Priester

