音乐视频

音乐视频

制作

出演艺人
Jan Bloukaas
Jan Bloukaas
声乐
作曲和作词
Jan Bloukaas
Jan Bloukaas
作曲
制作和工程
Jan Bloukaas
Jan Bloukaas
制作人
Peach Van Pletzen
Peach Van Pletzen
混音工程师
Rogan Kelsey
Rogan Kelsey
母带工程师

歌词

[Verse 1]
Basjan was 'n stadsjaap, 'n boerseun van die Kaap
Sandra was van die platteland van 'n plaas naby De Aar
Basjan het al als probeer om haar hart te steel
Maar Sandra soek net boerseun en wou van Jan niks weet
Basjan gryp toe sy kitaar en begin daar iets speel
Hy trek daar los en begin toe sy liefdes lied te deel
Een, twee, drie
[Chorus]
As dit 'n boer is wat jy soek, is dit 'n boer wat ek sal wees
Met John Deere trekker sal ek ry, met kakie tot my knieë
My pere is gesond en my damme is nooit leeg
As dit boer is wat jy soek, is dit 'n boer wat ek sal wees
As dit 'n boer is wat jy-
[Verse 2]
Basjan kyk vir Sandra en hoor wat gaan vir wat
Hy sien net trane rol van haar oë af tot haar wang
Basjan vra toe wat makeer, maar Sandra kyk net weg
Sy bou haar moed, haal af sy hoed en begin iets te sê
[Verse 3]
Basjan, ek is jammer as ek jou hart gaan breek
Maar my hart hoort alreeds aan iemand, sy naam is Hendrik Fredrik
Hy is net die boer vir my
Ek sê dit nou
Ja, hy't my gevra om te trou
Ja, hy't my gevra om te trou
[Verse 4]
Basjan was vreeslik hartseer toe hy gehoor het
Sandra gaan nou trou
En om afskeid van ou Sandra te neem het hy besluit om nog een laaste maal
Sy liefdes lied te deel
Een, twee, drie
[Chorus]
As dit 'n boer is wat jy soek, is dit 'n boer wat hy moet wees
Met John Deere trekker sal hy ry met kakie tot sy knieë
Ek hoop sy pere is gesond en sy damme is nooit leeg
As dit boer is wat jy soek, is dit 'n boer wat hy moet wees
As dit 'n boer is wat jy soek, is dit 'n boer wat hy moet wees
Met John Deere trekker sal hy ry met kakie tot sy knieë
Ek hoop sy pere is gesond en sy damme is nooit leeg
As dit boer is wat jy soek, is dit 'n boer wat hy moet wees
Een, twee, drie, woo
Written by: Jan Bloukaas
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...