制作

出演艺人
Corrazerwas
Corrazerwas
表演者
作曲和作词
Cordier De Beer
Cordier De Beer
词曲作者

歌词

Hier's vrede in die Bosveld
By die kranse waar ek dwaal
Waar die hede my kom kwytskeld
Van die wêreld se gejaag
En ek kan altyd die stad rooi verf
Maar dit maak my blou
Ek wil dryf in die Waterberg
In 'n see van groen saam met jou
Want hier lê my hart
Hier's rus vir my siel
En hier kry ek kans om my wese te hernieu
Daar prut koffie op die koolstoof
En ek kweek drome op die stoep
Met Patryse in die verte
Wat die skemer nader roep
En ek kan altyd die stad rooi verf
Maar dit maak my blou
Ek wil dryf in die Waterberg
In 'n see van groen saam met jou
Want hier lê my hart
Hier's rus vir my siel
En hier kry ek kans om my wese te hernieu
En hier, hier is ek hoër
Veel hoër as die maan
En hoër as die swarthond wat my soms nog rond kom jaag
Ja hier lê my hart
Hier's rus vir my siel
En hier kry ek kans om my wese te hernieu
En hier, hier is ek hoër
Veel hoër as die maan
En hoër as die swarthond wat my soms nog rond kom jaag
Written by: Cordier De Beer
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...