歌词
Ja, Johanna het gewerk op 'n trawlerskuit
Sy't die Weskus se manne almal uitgebyt
Want heeldag het sy nette getrek
En partykeer het sy heelweek op die see gewerk
[Verse 1]
Johanna het mos haar voortande verloor
En nou het sy wragtig niks tande meer oor
Maar as Johanna laat-aand by die huis aankom
Sê Johannatjie mos heel verstom
[Chorus]
En ons vat hom laag soos in die ou dae
Met 'n brandewyn en ys en 'n cola
En die antie op die dansbaan sê, gee hom net so bietjie gas, Johanna
Johanna van Saldanha
Van Saldanha
[Verse 2]
Ja, Johanna was ook mos op 'n kol getroud
Maar Johanna sê toe sy raak te vinnig oud
Haar man het sy toe in die pad gesteek
Haar huwelik sommer net daar verbreek
So nou is Johanna weer 'n nooi van die see
Vir die Weskus vir wie sy haar hart sal gee.
In die son kan sy nou op haar trawlerskuit lê tot die son wegsak en sy weer kan sê
[Chorus]
En ons vat hom laag soos in die ou dae
Met 'n brandewyn en ys en 'n cola
En die antie op die dansbaan sê, gee hom net so bietjie gas, Johanna
Ons vat hom laag soos in die ou dae
Met 'n brandewyn en ys en 'n cola
En die antie op die dansbaan sê, gee hom net so bietjie gas, Johanna
Johanna van Saldanha
Van Saldanha
[Verse 3]
Op haar trawlerskuit het sy sagkens heen gegaan
Die Weskus moes Johanna aan die dood afstaan
Nou spook Johanna in die middel van die nag
As die wind waai hoor jy vir Johannatjie lag
[Verse 4]
Die legende van Johanna lê in Houtjiesbaai
Waar die see voëls laag oor die water draai
Op 'n Saterdagaand as jy vir laas-ronde wag
Dan hoor jy nog hoe sê Johannatjie sag
[Chorus]
En ons vat hom laag soos in die ou dae
Met 'n brandewyn en ys en 'n cola
En die antie op die dansbaan sê, gee hom net so bietjie gas, Johanna
Ons vat hom laag soos in die ou dae
Met 'n brandewyn en ys en 'n cola
En die antie op die dansbaan sê, gee hom net so bietjie gas, Johanna
Johanna van Saldanha
Van Saldanha
Written by: Armand Steenkamp


