歌词
[Verse 1]
Rosie jou wonde
Het in my drome loop lê
Tussen vier wit mure
Het ek en jy gebid vir reën
[Chorus]
Maar jy sê ek kan nie verstaan nie
Ek kannie want ek was nie daar nie
Rosie jou wonde
Het in my drome loop lê
Rosie, Rosie, Rosie, Rosie van my
[Verse 2]
Daar was duiwels en stof nou
En al my gisters in splinters
Wit lyne op die highway
En die bottel ken my naam
[Chorus]
Maar jy sê ek kan nie verstaan nie
Ek kannie want ek was nie daar nie
Rosie jou wonde
Het in my drome loop lê
Rosie, Rosie, Rosie, Rosie van my
[Verse 3]
Trek my in spoeg my uit
Laat ons die reën loop ruik nou
Jy is 'n profesie in 'n kopdoek
As ek moet vlug van my lyf, sweet Rosie
[Chorus]
Maar jy sê ek kan nie verstaan nie
Ek kannie want ek was nie daar nie
Rosie jou wonde
Het in my drome loop lê
Rosie, Rosie, Rosie, Rosie van my
Written by: Jan Blohm