制作

出演艺人
Mathys Roets
Mathys Roets
表演者
作曲和作词
Koos Kombuis
Koos Kombuis
词曲作者

歌词

Ek het 'n vriendin
Vêr by die blou see
Teen die hang van Tafelberg
As die son sak
Speel sy die mooiste melodieë
Haar vingers ken die pad
Opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde
Hartseer en verlange
Verstaan die hart se diepste smart
Ja, die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Ja, die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Lisa kan nie ophou
As sy eers begin het nie
En sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem
Voor my laaste sigaret nie
Ek staan op haar balkon
Ek drink haar appelkoostee
Kyk na Kaapstad in die nag, die liggies
En die swart, swart see
Ja, die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Ja, die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur na die naggeluide
Van Lisa se klavier
En onder op die sypaadjie
Sien ek die bergie en sy maat
Gaan staan en opkyk
Vêr na bo
Vanuit die vullis van Oranjestraat
Hulle ken al lank die klanke
Wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf met die vensters oop al moan die bure ook al hoe
Word Lisa elke boemelaar se droom
Want die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Want die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Want die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Want die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Written by: Koos Kombuis
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...