album cover
Wouter Kabouter
135
Children's Music
Wouter Kabouter 由 Delarey Musiek 于 2001年11月16日 发行,作为专辑“ ”的一部分。Carike In Kinderland
album cover
发行日期2001年11月16日
唱片公司Delarey Musiek
旋律性
不插电
Valence
舞蹈性
能量
BPM84

音乐视频

音乐视频

制作

出演艺人
Carike Keuzenkamp
Carike Keuzenkamp
表演者
作曲和作词
Van Der Westhuizen
Van Der Westhuizen
作曲家
Danie Van Rensburg
Danie Van Rensburg
作曲家

歌词

Wouter Kabouter had ’n blink kasteel waar die duiwe roep en die apies speel
Maar Wouter Kabouter wou ’n ryperd hê om die plek te soek waar die son gaan lê
Wouter Kabouter het ’n perd gekoop wat trippe-trap op die langpad loop
Maar die langstertperd het hom afgesmyt en Wouter Kabouter het die stof gebyt
Waar slaap die son?
Waar gaan hy staan?
Waar is die plek waar die son ondergaan?
Wouter Kabouter lê plat in die pad en hy huil hom sat dat die trane spat
Maar hy kyk toe op na die riffelpad en daar kom sy maat, Kerneels die kat
Kerneels die Kat wil toe sommer weet wat die rede is vir kabouterleed
En Wouter sê ek wou gaan kyk hoe dit anderkant die berge lyk
Want waar slaap die son?
Waar gaan hy staan?
Waar is die plek waar die son ondergaan?
Die kat sê toe, jy’s baie laf man slaan die stof van jou klere af
Klim op my rug en kom ons ry om die antwoord op jou vraag te kry
Die twee trek weg dat die stof so staan met die pad wat om die wêreld gaan
Oor elke land en elke see, en die son gaan mee, die son gaan mee
Waar slaap die son?
Waar gaan hy staan?
Waar is die plek waar die son ondergaan?
Hulle kom toe uit by ’n blink kasteel waar die duiwe roep en die apies speel
En daar is die nes van die son ontdek op Wouter Kabouter se eie plek
Want daar slaap die son
Daar gaan hy staan
Daar is die plek waar die son ondergaan
Written by: Danie Van Rensburg, Van Der Westhuizen
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...