歌詞
[Verse 1]
Iewers op jou pad, het iemand vir jou gesê
Jy moet perfek wees, vir my om jou lief te hê
Maar daai iemand het nie, in jou skoene geloop
Daai iemand was nie, deur jou vlamme gedoop
[Verse 2]
Somtyds as jy vra, waarheen die lewe lei
Moet jy ook kan weet, daar's iemand aan jou sy
Soms as jy wil weet, hoekom die lewe brand
Moet jy ook kan weet, daar's iemand aan jou kant
[Verse 3]
Want my arms is oop, my hart is vol
Ek staan en wag vir jou
Draai jou hart, rig jou oë
Begin in my te glo
[Verse 4]
Iewers op jou pad, het jy iemand geglo
Toe hulle vir jou sê, die lewe werk so
Jy moet perform, jy moet sweet en swoeg
Jy moet gesien word, dan's jy goed genoeg
[Verse 5]
Maar ek sê jou nou, daai dae is verby
Jy is genoeg, as jy kyk na my
Ek is die een wat jou definieer
Rig jou oë op my, want ek ken jou seer
[Verse 6]
Want my arms is oop, my hart is vol
Ek staan en wag vir jou
Draai jou hart, rig jou oë
Begin in my te glo
[Verse 7]
En as die onweer soms, die horison se kleure ruïneer
As die rooigety, die breek van die branders kom versteur
As die lewe weer sy rugkant, soos 'n kwaai vrou op jou draai
Moet jy weet, ek sal jou nooit verraai
[Verse 8]
Jou naam staan geskrywe in die palm van my hand
My gedagtes oor jou meer, as die wêreld se sand
Ek ken jou naam, ek tel al die hare op jou kop
En al voel dit soms jy val, ek tel jou op
[Verse 9]
Want my arms is oop, my hart is vol
Ek staan en wag vir jou
Draai jou hart, rig jou oë
Begin in my te glo
[Verse 10]
Ja, my arms is oop, my hart is vol
Ek staan en wag vir jou
Draai jou hart, rig jou oë
Begin in my te glo
Begin in my te glo
Written by: Robbie Wessels