歌詞

Met die storms daar buite en die stilte hier Wat sou jy dink as ek sê ek dink ek en jy behoort hier? Sal jy bly, al is dit net vir my? En wat moes ek doen toe jy my aanvaar het? In die donker gevaar het ek myself sien skyn Sal jy bly, al is dit net vir my? Suikerbos maak oop jou arms; 'n plek om te rus vanaand Suikerbos, dis onmoontlik om jou te vergeet Suikerbos, maak oop jou hande, maak toe jou oë Miskien is dit tyd om te glo dat die somer weer kom Dat die duiwel homself net vermom het as koue Wat kon ek sê? Toe alles gesê is Gee jy vir my rus toe dit al is wat oor is wat ek moes kry Sal jy bly, al is dit net vir my? Suikerbos maak oop jou arms; 'n plek om te rus vanaand Suikerbos, dis onmoontlik om jou te vergeet Suikerbos, maak oop jou hande, maak toe jou oë Miskien is dit tyd om te glo dat die somer weer kom Dat die duiwel homself net vermom het as koue Verlore in woedende waters het jy vir my kom haal En nes ek dink dis als te laat, begin jy ons verhaal Als ten spyte van my heel beste beplanning En onder daardie maan het ek geleer om te verstaan Suikerbos maak oop jou arms; 'n plek om te rus vanaand Suikerbos, dis onmoontlik om jou te vergeet Suikerbos, maak oop jou hande, maak toe jou oë Miskien is dit tyd om te glo dat die somer weer kom Dat die duiwel homself net vermom het as koue Suikerbos ek wil jou hê Suikerbos ek wil jou hê Wat sal die Here daarvan sê?
Writer(s): Stefan Jansen Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out