積分
演出藝人
Demi Lee Moore
聲樂
Johan Oberholzer
電子琴
Juan (Floors) Oosthuizen
電吉他
Arnold Coleske
和聲
詞曲
Johan Oberholzer
詞曲創作
Juan (Floors) Oosthuizen
編曲
製作與工程團隊
Juan (Floors) Oosthuizen
製作人
Arnold Coleske
製作人
Paulo Azevedo
製作人
歌詞
Ek kyk nie meer die advertensiebreuke soos jy altyd graag wou kyk
En ek lees nie meer die grappe in die Huisgenoot oor koffie en beskuit
En ek kook nie meer die pasta wat jy borde vol kon skep
Stap nie meer die selfde roete met die honde wat ons het
Maar ek slaap nou al vir maande net aan jou kant van die bed
Want ek verbeel my dat dit nog jou reuk op het
Miskien, ek's nie seker nie, dalk is ek moontlik nog nie oor jou
Ek dink nou en dan, nie gereeld, net so soms, maar ek doen dit tog
Ek weet nie, ek wonder, miskien, ek's nie seker nie, dalk is ek moontlik nog
Ek wil dit nie hê nie, almal sê dat liefde oorwin
Miskien, ek's nie seker nie, dalk is net liefde te min
Probeer so hard om jou nie raak te sien nie as jy in my kringe draai
En as ek iewers in jou ma vasloop dan sê ek maar net vinnig hi
Hoekom moes jou parfuum naby wees aan waar ek myne koop?
En ek kry die reuk en vinnig kom die trane, so ek loop
Heel in 'n ander rigting, ek hoop rêrig dit hou eendag op
Maar ek mis jou en ek hoop dalk mis jy my ook
Miskien, ek's nie seker nie, dalk is ek moontlik nog nie oor jou
Ek dink nou en dan, nie gereeld, net so soms, maar ek doen dit tog
Ek weet nie, ek wonder, miskien, ek's nie seker nie, dalk is ek moontlik nog
Ek wil dit nie hê nie, almal sê dat liefde oorwin
Miskien, ek's nie seker nie, dalk is net liefde te min
Dalk is net liefde te min

Written by: Johan Oberholzer