歌詞

Gun my dan net 'n deeltjie van 'N gekraakte venster waardeur ek kan loer Na jou sieleleed Jy kruip weg asof die spookgeveg Agter grendels hoort en jy veilig is As net jy daarvan weet So gooi al jou stories oop voor my Bring al jou seerkry Lê dit hier neer Sing al jou sad songs van donker monsters Wat stilweg die lag in jou steel En as al die stukkies hier lê En daar is niks meer oor om te sê Dan gaan soek ons vir jou 'N stukkie son Jou oë word kil Jou woorde stil Jy probeer tevergeefs om die stryd toe te smeer Wat in jou skree Net vir vandag Breek al die mure af Diep in die stormweer is daar ook reën Wat ons skoonwas So gooi al jou stories oop voor my Bring al jou seerkry Lê dit hier neer Sing al jou sad songs van donker monsters Wat stilweg die lag in jou steel En as al die stukkies hier lê En daar is niks meer oor om te sê Dan gaan soek ons vir jou 'N stukkie son 'N heldergeel son 'N laggende son So gooi al jou stories oop voor my Bring al jou seerkry Lê dit hier neer Sing al jou sad songs van donker monsters Wat stilweg die lag in jou steel En as al die stukkies hier lê En daar is niks meer oor om te sê Dan gaan soek ons vir jou 'N stukkie son
Writer(s): Helmar Els Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out