album cover
Wegloper
album cover
Wegloper 由 Vonk Musiek 於 2023年12月15日發行,收錄於專輯《Die Rower》中
專輯Die Rower
2023年12月15日
標籤Vonk Musiek
BPM84
旋律
原聲音質
Valence
節奏感
輕快

音樂影片

音樂影片

歌詞

[Verse 1]
Ek soek jou liefde lank vooruit
Ek dink jou koue trane voel soos yster
[Verse 2]
Want jy's net soos ek 'n wegloper
Opsoek na iets verlos van sielverkopers
[Verse 3]
Want niemand is ryker as die sterrekykers
En arme jy het verlief geraak op my
[Verse 4]
Hoekom soek jy iemand wie die minste het?
Ek het niks om jou te gee
En ek het als behalwe luister
[Verse 5]
Ek luister soos die wind jou vat
Ek luister na die ritme van jou hart
[PreChorus]
Ek is 'n houtmonument wat tevrede was
Iewers sou ek êrens in jou lewe pas
Vir altyd
Vir altyd
Vir altyd
[Chorus]
Hoe verlore gly ons deur ons eie hande
Sonder mekaar is die woorde verlange
Verbrande gras wat nooit in groen verander
Ek het die res van hierdie lewe in jou oë gemis
Daar's 'n tyd op hierdie aarde wat ons sin is
Want als wat leef is sterflik en verplig
So hoekom sterf ek en jy dan nooit nie?
So hoekom sterf ek en jy dan nooit nie?
So hoekom sterf ek en jy dan nooit nie?
[Verse 6]
Hoe om hier te loop as ek die dronkste is?
Ek is vas aan jou geknoop
Want ek wil nêrens anders wees nie
[Verse 7]
Kry my op die vloer van hierdie kroeg vanaand
Ek steier na jou skouer
Want jou straf bedaar my vuiste
[PreChorus]
Ek bly die houtmonument wat tevrede is
Iewers sou jy êrens in my arms rus
Vir altyd
Vir altyd
Vir altyd
[Chorus]
Hoe verlore gly ons deur ons eie hande
Sonder mekaar is die woorde verlange
Verbrande gras wat nooit in groen verander
Ek het die res van hierdie lewe in jou oë gemis
Daar's 'n tyd op hierdie aarde wat ons sin is
Want als wat leef is sterflik en verplig
So hoekom sterf ek en jy dan nooit nie?
So hoekom sterf ek en jy dan nooit nie?
So hoekom sterf ek en jy dan nooit nie?
[Bridge]
So hoekom sterf ek en jy dan nooit nie?
So hoekom sterf ek en jy dan nooit nie?
So hoekom sterf ek en jy dan nooit nie?
Nooit nie?
Nooit nie?
[Outro]
Hoekom soek jy iemand wie die minste is?
Hoekom soek jy iemand wie die minste is?
Written by: Juan Boucher
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...