歌詞
[Verse 1]
Ek het dronk geword en jou unfollow
Gewonder of jy nog glo in trou
Daar's 'n plek in my hart wat ek wil uitkerf
En gooi op die werf
Waar jy my leer lag het
[Verse 2]
Al ken ek jou nommer uit my kop uit
Al het jy my tydelik weggesmyt
As jy laat in die aand bel sal ek nog optel
En vir jou lieg
Alles gaan okay wees
[Chorus]
Dronk gedagtes vergewe my
Niemand is sonder sonde
Maar ek sal moet bely
As jy langer hiermee aanhou
Sal ek jou vergeet
[Verse 3]
As jy verjaar sal ek aan jou dink
En wonder hoe jou stem deesdae klink
Jy't my hand gevat toe ek die wêreld vrees
En my belowe
Alles gaan okay wees
[Chorus]
Dronk gedagtes vergewe my
Niemand is sonder sonde
Maar ek sal moet bely
As jy langer hiermee aanhou
Sal ek jou vergeet
[Bridge]
Laat een aand skrik ek wakker
En wonder of jy sal onthou
Hoe ons moes saamstap
Deur die seer en grootword spyt
Nou's jy al wat ek berou
[Chorus]
Dronk gedagtes vergewe my
Niemand is sonder sonde
Maar ek sal moet bely
As jy langer hiermee aanhou
Sal ek moed opgee
As jy langer hiermee aanhou
Sal ek jou vergeet
Written by: Augusta Zietsman