積分
演出藝人
Patrick Baker
演出者
詞曲
Patrick Baker
詞曲創作
歌詞
Ek sit hier op Melkbos Stand
My gat is klam van die nat sand.
Ek lyk soos 'n ou wit spook
Sonder werk, tande ook
'n Seevoël sirkel in die lug,
Ek kyk na hom met my een skeel oog
Ek dink aan dae lank verby,
Ek het werk, ek is kommervry.
Bring my terug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon.
Bring my terug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon
My houvrou sit hier langs my.
Sy is 'n bietjie dik maar sy kan lekker vry.
Haar bynaam is Patat,
Haar vet rolletjies kan ek lekker vas vat
Ons huis is onder die brug, 'n paar sink plate,
Een ou matrass. As die wind waai kry ons baie koud,
Om warm te bly is ons lekker stout.
Bring my terug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon.
Bring my terug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon
In vandag se lewe, is 'n man 'n vrou,
'n Vrou 'n man, so sê hulle nou
Dit maak my kop so deurmekaar,
Dan speel ek maar op my blik guitar.
Die wêreld sê ons is verkeerd
Maar die Here is die Een wat weet
"Live and let live," sê ek maar nou
Ek weet Patat is 'n regte vrou
Bring my terug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon.
Bring my terug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon
As jy wit is, is jy op die verkeerde kant
"Black is beautiful," sê die koerant,
Mandela en De Klerk, julle droom was groot,
Maar Tutu's Rainbow Nation lê n bietjie in die sloot
Ons land is ryk, daar's genoeg vir almal,
Maar van ons politicians is blêrrie mal,
Hulle steel al die mense se geld,
Load shedding, geweld, is koloniste se fout.
Bring my terug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon.
Bring my terug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon
Ons kinders is al lankal weg
Ons is alleen, en ons voel sleg
Hulle is oor die wêreld versprei
Hulle het werk, en is kommer vry
Ek sit hier op Melkbos Strand,
'n Botteltjie dop in my skurwe hand
Ek vra vir die Here,
"Waar is jy?
Kom haal vir my, dan is ek kommervry."
Bring my terug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon.
Bring my terug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon
Written by: Patrick Baker