積分

演出藝人
Zaan Sonnekus
Zaan Sonnekus
演出者
詞曲
Zaan Sonnekus
Zaan Sonnekus
詞曲創作
製作與工程團隊
Tertius Human
Tertius Human
製作人

歌詞

Ek het rêrig gedink ek kan nie huil nie
Maar ek's bly ek het
Die water spoel my skoon
Ons was op 'n ander boot in dieselfde see
Ek wou jou volg
Maar dit was net 'n skaduwee
Die elfde maand en my kop het alweer verdwaal
Jy't my gered in jou gebede in 'n vreemde taal
Maar ek het jou verstaan
Met vingerverf in rooi het jy jouself vertaal
Ek het nie jou stem geken nie, maar ek het betaal
Ja, jy het my verstaan
En dalk ontmoet ons in die hemel, maar
Jy sal vir my 'n plek daar moet bewaar
Vir as ek terug wil slaan
En dalk ontmoet in die hemel weer
Die keer kry ons dalk net minder seer
Ek weet my tas is swaar
En ek wou skree, jy wou praat
Ek het die donkerte verdien en jy't my uit kom haal
Ja, jy, jy het my kom haal
Ek wens jy het geweet jy't my gered
Hoe de hel moet ek aangaan, sonder of met
Kan jy, kan jy my hier kom haal?
Soos heerlikheid en helder lig
Waar twyfel bots met my geloof
My naakte siel is oop en bloot
Ek bloei nou ook
Koue liefde en warm bloed
As jy die lig in my kom soek
My naakte siel is oop en bloot
Ek bloei nou ook
Ek bloei nou ook
Maak dit my groot?
Ek bloei nou ook
Die elfde maand en my kop het alweer verdwaal
Jy't my gered in jou gebede in 'n vreemde taal
Maar ek het jou verstaan
Met vingerverf in rooi het jy jouself vertaal
Ek het nie jou stem geken nie, maar ek het betaal
Ja, jy het my verstaan
En dalk ontmoet ons in die hemel, maar
Jy sal vir my 'n plek daar moet bewaar
Vir as ek terug wil slaan
En dalk ontmoet in die hemel weer
Die keer kry ons dalk net minder seer
Ek weet my tas is swaar
En ek wou skree, jy wou praat
Ek het die donkerte verdien en jy't my uit kom haal
Ja, jy, jy het my kom haal
Ek wens jy het geweet jy't my gered
Hoe de hel moet ek aangaan, sonder of met
Kan jy, kan jy my hier kom haal?
Soos heerlikheid en helder lig
Waar twyfel bots met my geloof
My naakte siel is oop en bloot
Ek bloei nou ook
Koue liefde en warm bloed
As jy die lig in my kom soek
My naakte siel is oop en bloot
En ek bloei nou ook
Ek bloei nou ook
Ek bloei nou ook
Ek bloei nou ook
Ek bloei nou ook
My wonde oop
Ek bloei nou ook
Dalk is ek dood
Written by: Cezaan Sonnekus
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...