album cover
Die Lappop
960
Children's Music
Die Lappop 由 The Gallo Record Company Vault 於 1978年7月24日發行,收錄於專輯《Heidi En Ander Kindertreffers》中
album cover
發行日期1978年7月24日
標籤The Gallo Record Company Vault
旋律
原聲音質
Valence
節奏感
輕快
BPM70

音樂影片

音樂影片

積分

演出藝人
Carike Keuzenkamp
Carike Keuzenkamp
演出者
詞曲
B. Misheiker
B. Misheiker
作曲家, 作詞

歌詞

Iemand het 'n lappop,
Op 'n ashoop weggegooi.
Sy was gedaan en stukkend,
Verbleek en nie meer mooi nie.
Op die ashoop hoor sy stemme praat,
En die verwelkom haar.
Maar O! ellende, toe sy kyk,
Wat sien die lappop daar?
Net 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen
'N grammefoonplaat en 'n kous sonder maat.
Net 'n leë bottel bier, 'n verlepte angelier,
'N gelapte binneband en 'n ou koerant.
Ag!, hoe droewig voel die lappop,
Toe sy alleen daar lê.
Want sy weet dat niemand ooit vir haar,
Vir lappop meer wil hê nie.
'N Traan loop oor haar lappop wang,
Want dit begin te reën.
En daar lê sy ou lappoppie,
Op die ashoop so alleen.
Met 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen,
'N grammefoonplaat en 'n kous sonder maat.
Met 'n leë bottel bier, 'n verlepte angelier,
'N gelapte binneband en 'n ou koerant.
Ag! nee wat sê die lappop:
"Ek soek 'n ander oord,
Wat sal die wêreld van my dink,
Want soort jy weet soek soort."
Ag! almal wil vir lappop troos,
En soebat sy moet bly.
Hulle sê dis die mooiste ashoop die,
Wat 'n mens nog ooit kan kry.
Met 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen,
'N grammefoonplaat en 'n kous sonder maat.
Met 'n leë bottel bier, 'n verlepte angelier,
'N gelapte binneband en 'n ou koerant.
Al die goeters op die ashoop,
Hou gou 'n vergadering.
En besluit vir lappop te bekroon
As die Ashoop Koningin.
Van toe af bly die lappoppie,
So trots tevrede daar.
En al haar onderdane,
Bedien getrou vir haar.
Ja die ... vrot pampoen en die stukkende skoen,
Die grammefoonplaat en die kous sonder maat.
Ja die 'n leë bottel bier, die verlepte angelier,
Die gelapte binneband en die ou koerant.
Written by: B. Misheiker
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...