積分

演出藝人
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
演出者
詞曲
Herman Holtzhausen
Herman Holtzhausen
詞曲創作

歌詞

[Verse 1]
Kyk die mense in die strate
Dokters, staatsamptenare
Almal dra geheime in die mou
Soos papierpoppe op kaarte
Word ons leeg en sonder harte
En daar's niemand wat 'n ander meer verdra
[Chorus]
Waarom sien ons die splint
In 'n andereen se oog
En staar ons altyd blind in die van ons
Dieselfde son wat daar skyn
Gee aan almal deel van hom
O, moet nie oordeel nie
En wys nie 'n vinger nie
Ons almal woon in huise van glas
[Verse 2]
Kyk die nuus in die koerante
Oordeel van alle kante
Is daar dalk 'n skuldgevoel wat skuil
En die mense praat en skinder
Oor die dinge wat hul hinder
Maak nie saak wie huil nie dis die styl
[Chorus]
Waarom sien ons die splint
In 'n andereen se oog
En staar ons altyd blind in die van ons
Dieselfde son wat daar skyn
Gee aan almal deel van hom
O, moet nie oordeel nie
En wys nie 'n vinger nie
Ons almal woon in huise van glas
[Verse 3]
Sê my waar is die broederliefde
Dalk gesteel deur die nag diewe
En al wat nog oorbly is verwyte en kretiek
[Chorus]
Waarom sien ons die splint
In 'n andereen se oog
En staar ons altyd blind in die van ons
Dieselfde son wat daar skyn
Gee aan almal deel van hom
O, moet nie oordeel nie
En wys nie 'n vinger nie
Ons almal woon in huise van glas
Written by: Herman Holtzhausen
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...